Dozi @ Beeskrip Biertuin – Kleine Hopefield

Dozi – The Legend Continues – Net hier by Beeskrip Biertuin op Kleine Hopefield – SONDAG 17 MAART
Beeskrip Biertuin is op die R45, 5km Buite Hopefield- dieselfde plaas (kleine Hopefield) Waar die bekende Plaasmol padstal en Koffie winkel ook is.
Sondag 17 Maart kom sing Dozi by Beeskrip Biertuin en ons klank sisteem en groot sitplek area asook dansvloer waarborg vir jou n heerlike plaas musiek ervaring. Ons het n kontant kroeg vir Alkoholiese drankies asook Nie-Alkoholiese drankies en koeldranke. Bestel vir jou n lekker bottel wyn saam vriende en sit agteroor en geniet die klank van Dozi.
Die Koffie Winkel/ Restuarant – Plaasmol Padstal sal ook oop wees deur die dag soos normaal sodat jy iets kan bestel om te eet. Daar is dinge soos Pizzas, Broodjies, Burgers en meer op die menu .
KAARTJIES:
As jy jou kaartjie aanlyn gekoop en betaal het sal jy n opsie he om die kaartjie te “DOWNLOAD”.
Wys die kaartjie met jou aankoms op jou foon of print hom uit en wys dit by die deur. Ons sal die kaartjie scan en jy is dan welkom binne Beeskrip Biertuin vir die vertoning.
Daar is geen vaste sitplekke nie. Ons het wel oorgenoeg tafels en stoele / sitplekke. So elkeen kry sy sitplek waar hy gemaklik voel en geniet die res van die dag daar op jou plekkie.
Let wel: Kleine Hopefield se beleid is geen terugbetalings of ruil van kaartjies na ‘n ander vertoning nie. Maak 100% seker jy koop kaartjies vir die regte vertoning.
Indien jy nie meer ‘n vertoning kan bywoon nie, is jy welkom om jou kaartjies te verkoop. Die koper kom dan by die deur in onder jou naam.
GEEN EIE DRANK WORD TOEGELAAT OP ONS PERSEEL NIE.